Vars Vandag สาธารณะ
[search 0]
เพิ่มเติม
ดาวน์โหลดแอปเลย!
show episodes
 
Artwork

1
God se Woord VARS vir jou Vandag

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Unsubscribe
Unsubscribe
รายวัน
 
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinami ...
  continue reading
 
Loading …
show series
 
Matteus 4:17 Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Myns insiens is die heel beste soort humor die soort wat jou laat lag maar ook stof tot nadenke bied; die soort wat snaaks is, maar terselfdertyd so na aan die waarheid kom dat dit jou tot in jou diepste wese skud. Ek het onlangs …
  continue reading
 
Lukas 6:27-31 Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word. As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy o…
  continue reading
 
Openbaring 7:9,10 Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!” Het jy al ooit…
  continue reading
 
Johannes 16:31-33 Daarop sê Jesus vir hulle: “Glo julle nou? Kyk, daar kom 'n tyd, en dit is nou al hier, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen sy eie koers in, en dat julle My alleen sal laat; en tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is. Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; …
  continue reading
 
Hebreërs 11:6 As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon. Die werklike stryd wat ons vandag in die gesig staar, vereis werklike geloof - aktiewe geloof. Geloof wat ook na vore kom wanneer dit moeilik gaan. Geloof wat ons help om die wêreld te oorwin…
  continue reading
 
Hebreërs 11:29-34 Omdat die Israeliete geglo het, het hulle deur die Rooisee getrek soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars verdrink het toe hulle dit ook probeer doen het. Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval nadat hulle sewe dae daaromheen getrek het. Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vrien…
  continue reading
 
2 Korintiërs 10:3-5 Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem…
  continue reading
 
Romeine 8:35-37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. Ek is redeli…
  continue reading
 
1 Johannes 5:3-5 Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seu…
  continue reading
 
Efesiërs 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie Geloof is 'n wonderlike gawe om te hê, veral as ons geloof in iets of iemand is wat nooit sal misluk nie. Maar…
  continue reading
 
1 Petrus 1:24,25 Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is. Dit word al hoe moeiliker vir enigiemand wat in Jesus glo, om aan te hou glo wat in die Bybel staan. Stem jy saam? Mis…
  continue reading
 
Romeine 12:1 Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (NLV) Die sentrale boodskap van die Evangelie – die 'Goei…
  continue reading
 
Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Kan ek jou vra: wat oorheers jou gedagtes? Waaraan dink jy onwillekeurig weer en weer? Jy sal met ‘n skok besef wat die a…
  continue reading
 
Spreuke 9:10 Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig. Vrees is 'n emosie wat niemand geniet nie. Beslis nie! Trouens, as dit van ons afhang, sou ons dit vir die res van ons lewe heeltemal vermy. Maar soms lei ons gedagtes en emosies ons direk in vrees se kloue in. Daar is soveel idees, opinies en gelowe wat d…
  continue reading
 
Josua 1:10,11 Josua het die leiers van die volk beveel: “Gaan deur die kamp en sê vir die mense om padkos reg te kry. Oor drie dae gaan julle deur die Jordaan trek om die land wat die Here julle God vir julle gee, in ontvangs te neem.” (NLV) Wanneer moeilike emosies soos vrees en ontsteltenis ons beetpak, is ons geneig om te versteen. Soos 'n bok w…
  continue reading
 
Josua 1:9 Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” Het jy al opgelet wat met jou emosies gebeur wanneer dinge skeefloop? Die tye wanneer omstandighede baie sleg lyk en wanneer die donker wolke om ons saampak en ‘n massiewe storm vorm, wat…
  continue reading
 
Efesiërs 3:20,21 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. Die kerk wat aan Christus Jesus verbind is, moet Hom prys deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid! Amen. (NLV) Voel jy ooit … magteloos met alles wat in jou hart en verstand aangaan? Moedeloos met al…
  continue reading
 
Efesiërs 3:18,19 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. Kyk jy ooit op na die uitgestrektheid van die naghemel en verwonder jy jou aan die on…
  continue reading
 
Efesiërs 3:17 dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Dis naweek – hoera! Hopelik is dit vir jou ook geleentheid vir 'n ruskansie. Maar op hierdie rusdag is daar iets wat ek graag met jou wil deel. Dit is vir my ‘n seën en enorme voorreg om saam met jou en baie ander mense dwa…
  continue reading
 
Jesaja 48:17,18 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan. As jy maar aan my gebooie gehoorsaam was, sou daar voorspoed en redding vir jou gekom het, so onkeerbaar soos ‘n rivier, soos die golwe van die see. Ons moet elke dag baie besluit…
  continue reading
 
Filipense 2:10,11 Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word! (NLK) Elke nou en dan praat God deur die een of ander skynbaar onbenullige gebeurtenis met ons. Dit kan ‘n piepklein dingetjie wees,…
  continue reading
 
Psalm 96:1-4 Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde! Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. Ons gevoelens wissel tussen positief…
  continue reading
 
Psalm 37:5-9 Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag. Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit…
  continue reading
 
Psalm 37:1-4 Moenie jou vererg oor boosdoeners nie. Moenie die kwaaddoeners beny nie. Want soos gras verlep hulle gou. Soos plante verdroog hulle vinnig. Vertrou op die Here en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veiligheid. Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee. (NLV) Elke nou en dan gebeur dinge wat ons laat reag…
  continue reading
 
Hebreërs 4:12,13 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom mo…
  continue reading
 
Matteus 23:23,24 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Juis hierdie dinge moet 'n mens doen en die ander nie nalaat nie. Blinde leiers! Julle skep die mugg…
  continue reading
 
Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat o…
  continue reading
 
Matteus 27:27-31 Daarna vat die soldate van die goewerneur vir Jesus in die ampswoning in en bring die hele leërafdeling rondom Hom bymekaar. 28Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet…
  continue reading
 
1 Korintiërs 15:30-32 En waarom sal ons ons lewens uur na uur in gevaar stel? Dag na dag verkeer ons op die randjie van die dood. Dit is die absolute waarheid, broers en susters, net so seker as dat julle ons trots is oor wat Christus Jesus ons Here vir julle gedoen het. Verder, waarom sou ek as’t ware met wilde diere in Efese geveg het as dit alle…
  continue reading
 
Galasiërs 6:2,3 Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet. Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. (NLV) Wanneer iemand verkeerd teenoor jou optree, is dit so maklik om aanstoot te neem. Trouens, in 'n wêreld wat al hoe meer oorheers word deur 'n gevoel …
  continue reading
 
1 Johannes 4:19-21 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê. Kom ons erken…
  continue reading
 
Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen. Ons het net een lewe om op hierdie aarde te leef en die…
  continue reading
 
Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV) Kritiek en konflik is deesdae hoogmode in die normale domein. Dit kom oral voor: in die politiek, in die ideologie, die sosiale sfeer en ook in die geloofslewe. Dit voel asof mense daarop uit is om alles…
  continue reading
 
Amos 5:21-24 Ek hou glad nie van hierdie feeste wat julle vir My hou nie. Ek het hoegenaamd geen plesier daarin wanneer julle bymekaarkom om tot My te bid nie. “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. …
  continue reading
 
Psalm 92:13-16 Maar regverdiges sal blom soos ’n palmboom, en welig groei soos ’n seder van die Libanon. Geplant in die Here se huis, groei hulle weelderig in die voorhowe van ons God. Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra hulle is vars en lewenskragtig. Hulle sal sê: Die Here is regverdig. Hy is my rots. By Hom is daar geen onreg nie.” (NLV…
  continue reading
 
Psalm 16:7,8 Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. Ons voel dikwels heeltemal alleen wanneer ons teëspoed in die gesig staar; die een of ander stryd voer; of in een of ander gemors vasgevang is. Ons ís da…
  continue reading
 
Titus 1:8 Hy moet gasvry wees en alles wat goed is, liefhê. Hy moet met wysheid lewe en regverdig wees. Hy moet ’n toegewyde en gedissiplineerde lewe lei. Hoe meer ek sien hoe mense lewe, hoé meer word ek geraak deur die realiteit dat elkeen van ons in een of ander stryd gewikkel is. Wat van jou? Gelukkig is daar kort tye wanneer alles klopdisselbo…
  continue reading
 
Openbaring 5:8 Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het 'n siter gehad en 'n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges. Weet jy dat navorsing vir ons sê dat die meeste mense wel bid. Maar het jy al ooit gedink aan wat met jou gebede gebeur wanneer jy…
  continue reading
 
2 Korintiërs 7:4-6 Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. En ek is regtig vol moed en oorstelp van blydskap ten spyte van ons swaarkry. Want toe ons in Masedonië aangekom het, kon ons geen rus vind nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite – aanvalle; van binne – vrese. Maar God, wat die verned…
  continue reading
 
2 Korintiërs 7:1 Geliefdes, ons hét hierdie beloftes; laat ons onsself dan suiwer van elke verontreiniging van die liggaam en die gees om ons toewyding, uit eerbied vir God, volkome te maak. (NLV) God maak kosbare beloftes aan diegene wat hul vertroue in Jesus stel. Hy belowe dat Hy ons God sal wees en dat ons sy volk sal wees; dat Hy by ons sal wo…
  continue reading
 
Spreuke 19:4 Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm man het geen vriende nie. (NLV) Daar is niks wat ons meer van stryk af bring, niks wat meer ontstellend is, niks wat meer teleurstellend en … sommer net pynlik is, as wanneer iemand wat jou vriend is wanneer dit voorspoedig gaan, jou verlaat wanneer dit sleg gaan. Het jy al ooit daardie ervari…
  continue reading
 
Spreuke 19:3 ‘n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor. Ek het al 'n paar dwase dinge in my lewe aangevang. Wat van jou? Ons wens ons kon hulle ongedaan maak … maar ons kan nie. En, heel moontlik, ervaar jy steeds die gevolge van daardie optrede. Ons haat dit om ons eie foute te bely; om te erken dat ons verk…
  continue reading
 
1 Korintiërs 6:19,20 Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV) Mense doen deesdae 'n paar vreemde goed met hulle lywe. Hulle deur…
  continue reading
 
Deuteronomium 8:17,18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. Is dit eerbaar of oneerbaar vir 'n belydende Christen om 'n g…
  continue reading
 
2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek bly – nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat julle hartseer tot julle inkeer gelei het. Julle was hartseer volgens die wil van God. Julle is dus in geen opsig deur ons skade aangedoen nie, want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal we…
  continue reading
 
Jesaja 46:5,6 Met wie wil julle My vergelyk, aan wie wil julle My gelykstel? Wie is soos Ek, om hom met My te vergelyk? Mense gooi goud uit ’n sak, en weeg silwer af op ’n skaal. Hulle huur ’n goudsmid om ’n afgodsbeeld te maak. Dan buig hulle en aanbid die afgodsbeeld. (NLV) Vandag is Sondag. Vir sommige mense beteken dit die einde van een week; v…
  continue reading
 
Jesaja 46:3,4 Luister na My, nageslag van Jakob, almal wat oor is uit die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou julle dra en julle red. In 'n wêreld w…
  continue reading
 
Spreuke 12:28 Op die weg van geregtigheid is daar lewe, maar die pad van hulle wat 'n wrok koester, lei na die dood. Die lewensreis het baie kinkels en draaie, en baie vurke in die pad. Jy kan ongetwyfeld terugkyk en sien hoe 'n onbeduidende klein besluitjie om hierdie kant toe te loop, in plaas van daardie kant toe, die loop van jou lewe heeltemal…
  continue reading
 
2 Korintiërs 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. Weet jy daar is tye, wanneer die goeie nuus van Jesus glad nie soos goeie nuus voel nie. Hy het immers self vir ons gewaarsku dat om sy dissipel te word, harde werk van ons sal vra. H…
  continue reading
 
2 Korintiërs 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. So baie dinge in hierdie lewe vereis harde werk. Goeie huwelike werk nie vanself nie, dit verg moeite. Om kinders groot te maak, verg baie moeite. Loopbaanbevordering vereis … wel, jy…
  continue reading
 
Loading …

คู่มืออ้างอิงด่วน