Middag สาธารณะ
[search 0]
เพิ่มเติม
ดาวน์โหลดแอปเลย!
show episodes
 
Loading …
show series
 
Essie kuier by Ouma, en ‘n onverwagse diep gesprek vind plaas. Albert laat weet vir Kaptein JP dat Madame Kyrioskie om drie uur ʼn spesiale gas vir tee sal ontvang. JP erken dat daar geen vordering is met die saak van die verkragter nie.โดย RSG
  continue reading
 
Richard, Dennis en Tanya ontspan by die swembad. ‘n Helikopter land op die skip, en ‘n ou dame word uitgedra, en in haar rolstoel na haar privaatkajuit op die boonste dek geneem. Tanya word na Madame Kyrioskie se kajuit genooi.โดย RSG
  continue reading
 
Tydens ʼn private sessie by Magda, erken Lauren hoe skuldig sy teenoor Susan voel. Richard en Tanya bespreek die verdubbeling van die geld, en neem ʼn besluit om aan boord die skip te gaan. Deon Smit, ʼn afgetrede polisieman, bel vir Richard.โดย RSG
  continue reading
 
Dennis en Richard ontmoet, en gesels oor die feit dat hulle maar min kon uitvind oor Madame Kyrioskie en haar boot. Dennis bel vir Albert, en probeer om die waarheid oor die bootreis uit te vind. Albert kondig aan dat Madame Kyrioskie besluit het om die geld wat hulle op die bootreis sal verdien, te verdubbel.…
  continue reading
 
Susan, Bettie en Essie word almal wakker wanneer daar in elkeen van hulle se bankrekeninge R30 000 gedeponeer word. Richard en Tanya word ook wakkergemaak deur die deposito’s. Hulle bespreek die moontlikheid van nog ‘n vitrobehandeling, wat dalk keer dat Tanya mag saamgaan op die bootreis.โดย RSG
  continue reading
 
Almal wat uitgenooi is vir die plesierbootvakansie word helfte van die ‘omkoopgeld’ dadelik belowe. Richard vra vir Dennis om te kyk wat hy oor die bootreis kan uitvind. Susan gesels met Lauren om seker te maak of sy emosioneel gereed is vir die bootreis.โดย RSG
  continue reading
 
Essie word in die polisieselle aangehou, en Richard kom om haar te haal. Lauren is weer terug by Nova Sentrum vir behandeling deur Magda. Susan, Magda en Lauren word vir ‘n geheimsinnige tiendae lange plesierbootvakansie uitgenooi.โดย RSG
  continue reading
 
Dis die laaste dag van die vakansie, en die groot oppak begin. Henk se rug is in spasma van heeldag se staan en aartappels skil, en Ansie verras hom deur hom mee te deel dat hy vir Dollie moet help om vir Skommel te haak. Toontjies verloor per ongeluk Dollie se gesogte Harley Davidson Bar & Shield Flames-snoekerballe tydens die opslaan van hulle ta…
  continue reading
 
Dries word deur Suzette oor die vingers getik oor sy ongesonde leefstyl. Die eerste lekkerny wat gesny moet word, is kondensmelkkoffie. Dries skop viervoetig vas, en beklemtoon dat hy klaar is met soja en amandelmelk – boontjies hoort in ‘n bredie en neute in koekstruif. Sommer gou kloof die egpaar hare oor die BBB van verstaan jou man en die alfab…
  continue reading
 
Pikkie kom met ‘n voorstel na Henk en Ansie dat hulle ’n vis-en-skyfiestalletjie vir die dag moet opslaan. Hy probeer sy beste voetjie voorsit terwyl sy baas in die omtrek is, en sy enigste redding is Ansie se kraakvel-geelstert. Henk en Ansie oorweeg die opsies, en besluit vinnig dat ’n vis-en-skyfiestalletjie glad nie ‘n slegte idee is nie. Ansie…
  continue reading
 
Pikkie bevind hom in ‘n reuse penarie. Sy baas kom met ‘n blitsbesoek die kampterrein ondersoek. Arme Pikkie besef gou dit was dalk nie wys om op sy CV te jok net om ‘n gratis visvangvakansie in te katrol nie. Pikkewyne sonder broeikaste, geen vars brood, ‘n verstopte stortdrein, ongemerkte staanplekke en nat braaihout is maar net ‘n paar van sy pr…
  continue reading
 
Dis nog ‘n gewone dag in Pikkewynpark, en Suzette en Toontjies is aan diens om te sorg vir middagete wanneer die manne van die see af terugkeer. Toontjies is ‘n leermeester van formaat, nie net agter die kospotte nie, maar ook van die lewe. Toontjies leer vir Suzette die wonders van die see, snoekkuite, en hoe en wanneer om snoek te koop. Suzette l…
  continue reading
 
Ná Liefie se groot gyselaarsdrama en die broeis pikkewyn, besluit Suzette genoeg is genoeg. Sy pak haar tasse om huis toe te gaan. Die vakansie is verby! Dries is raadop, want hy wil graag langer bly. Ansie kom tot almal se redding, en spring dadelik aan die werk. Die groepie beplan om vir Suzette te bederf met ‘n aand van uiteet, ‘n borrelbad en m…
  continue reading
 
Henk merk op dat sy ma en pa die seevakansie geniet, en dat sy pa vir die eerste keer werklik ontspan. Dries droom oor ‘n huisie by die see, en begin al hoe meer aan die gedagte te herkou om dalk ‘n familievakansiehuis vir die Du Toits en die Louws te koop. Selfs Suzette het ‘n drastiese ommeswaai, en gaan stap selfs met Liefie op die strand en dra…
  continue reading
 
Dit is die eerste dag van die jaar, en die kampeerders skop dit af met Dollie se Louw-tradisie. Sy boot, Skommel, word gehaak vir ‘n dag op die water, braai en visvang. Henk is glad nie te vinde om douvoordag op die oop see te gaan ronddobber nie. Ansie stel hom gerus dat hy net helderkleurige swembroeke moet dra om nie haaikos te word nie. Henk is…
  continue reading
 
Dis die Oujaarsaand-partytjie, en Pikkewyn Park is in rep en roer! Ansie en Henk word ingedeel by die gesiggieverf-stalletjie, maar besef gou dat hulle dalk nog nie heeltemal gereed is vir kinders by dosyne nie. Tussen taai haasbekke wat geverf moet word, ‘n likkewaan wat gevryf mag word, en ‘n hok vol hoenders en marmotte is daar gou konsternasie …
  continue reading
 
Daar is groot opwinding in die park. Dis die dag voor die jaarlikse oujaarspartytjie en feestelikheid. Pikkie bevind homself in ‘n penarie. Dit is broeiseisoen, en al wat ‘n pikkewyn is, is op hol. Ná ‘n groot gefuif, steel ‘n groep studente sy pikkewyn-springkasteel en laat dit beland in die strandmeer. Snoekbraaiers wat allergies is vir vis, ‘n v…
  continue reading
 
As daar nou een ding is wat enige kampeerder ‘n pyn in die blad gee, is dit ‘n opblaasmatras wat afblaas. Suzette kry net nie haar lê nie, danksy Liefie wat ‘n gat in die matras gebyt het. Toontjies leer vir Suzette hoe om enige gat of kraak toe te stop met blitsgom en bakpoeier. Suzette is bekommerd oor die baba se name, en voel dat dit net reg sa…
  continue reading
 
Dit is Tweede Kersdag, en Suzette se nerwe is dun geskuur. Die twee families se uiteenlopende musieksmaak sorg vir groot meningsverskille en kopseerpille. Dollie luister slegs na die Weskusvastrap, en Suzette verkies ‘n glasie verkoelde witwyn saam met die strelende klanke van Mimi Coertze. Dollie besluit om die Pretorianers te leer hoe om behoorli…
  continue reading
 
Dis Oukersaand en die Pikkewynpark maak gereed vir geskenke uitdeel. Ansie wip haar sommer vroeg-vroeg vir Henk, wat met die lawwe voorstel vorendag kom dat hulle ‘n bietjie vakansiegees moet vang. Die geskenke word noukeurig nagegaan, en die noodhulpkissie se pleisters moet instaan as kleefband. Ansie verdwyn geheimsinnig om ‘n geskenk te gaan soe…
  continue reading
 
Suzette se eerste nag as kampeerder verloop seepglad. Sy slaap soos ‘n baba, maar tot Henk en Dries se groot ontsteltenis, wanneer hulle besef hulle het per ongeluk ELKEEN vir Suzette twee slaappille ingejaag. Suzette ontwaak met kloppende hoofpyn, en almal moet bontstaan om haar te paai. Dries deel sy wyshede oor die huwelik en sewe sakke sout ope…
  continue reading
 
‘n Moeë groepie sluit uiteindelik aan by Dollie en Toontjies in Pikkewyn Park. ‘n Stokou GPS wat meer herbereken as bereken laat gou die gemoedere opvlam, tot hulle Dollie se kampvuur sien! Die eerste ontmoeting tussen ouers en skoonouers vind plaas. Liefie word natuurlik ook bekendgestel, maar word misgis as ’n rot, en word amper van kant gemaak, …
  continue reading
 
Die uittog word eers afgelas sodat Henk se onderstel op Vosburg vervang kan word. Liefie jaag ’n meerkat, en Ansie kom tot sy redding. Ná ‘n naelloop deur ‘n doringdraad en vars beesmis, lê Ansie vir Henk die grondreëls neer - Sy sal nié die hele vakansie na Liefie kyk nié! Henk besluit om sy stem dik te maak. Ongelukkig is Henk se woordkeuse en va…
  continue reading
 
Die sleepwaentjie is gehaak, die padkos is gepak en die Groot Trek na Pikkewyn Park begin - ongelukkig nie so seepglad soos beplan nie. Suzette se wasmasjien, dubbelbed en spieëlkas trek saam. Ongelukkig veroorsaak dit dat Henk se blindekolle versiende en bysiende is, en ná ‘n berekeningsfout tussen skerp links en regs beland Suzette se meubels in …
  continue reading
 
Ansie is onsteld omdat hulle steeds by Henk se ma-hulle “kuier”, selfs al woon hulle net 20 km van hulle af. Henk gooi dadelik wal, en verduidelik dat hy net so bietjie langer wil vertoef om sy ma-hulle te help met die pakkery en beplanning. Ansie voel dat Henk se ma hom manupileer omdat sy nie haar sin kry nie, en nou die hulpelose-slagoffer-wat-n…
  continue reading
 
Suzette het ‘n ernstige gesprek met Henk. Sy spreek dadelik haar kommer uit hoekom sy dink dat Ansie en haar familie nie van hulle dam se ganse is nie. Henk is seergemaak, en verduidelik aan sy ma dat as Ansie nie welkom is nie, is hy ook nie. Suzette moet ‘n belangrike besluit neem – sal sy Ansie verdra, en so haar verhouding met haar liefingseun …
  continue reading
 
Die twee vroue in arme Henk du Toit se lewe, se gemoedere loop hoog. Suzette is steeds gekrenk deur die feit dat sy nie na haar enigste seun se troue genooi is nie, en Ansie is woedend oor Henk se matriekafskeidfoto saam met sy eks wat steeds teen die spaarkamer se muur pryk. Ná ‘n misverstand oor enkels, gene, dik bene en ‘n luukse vakansie op ’n …
  continue reading
 
Henk en Ansie daag op by Henk se ouerhuis om die nuus te breek dat hulle die vakansie getroud is. Henk se ma, Suzette, maak sommer met die intrapslag geen geheim daarvan dat sy nie dink Ansie is troumateriaal nie, en noem haar gereeld “per ongeluk” Henk se eks-meisie se naam. Dan is daar ook Liefie, Suzette se liefling pug, wat ‘n swak blaas het, e…
  continue reading
 
Henk en Ansie du Toit is pas terug van hul drie weke lange wittebrood by Pikkewyn Park. Ongelukkig brand die huweliksvure nie lank nie toe hulle besef dit was ‘n reusefout om nie hulle ouers na die troue te nooi nie. Vinnig word beskuldigings rondgeslinger oor wie se ouers die ergste is. Henk kom met ‘n briljante plan na vore om te red wat daar te …
  continue reading
 
Loading …

คู่มืออ้างอิงด่วน

ฟังรายการนี้ในขณะที่คุณสำรวจ
เล่น